top of page
Screen Shot 2023-02-05 at 1.02.59 PM.png

ERVAAR 
KONKRETE
WISKUNDE

Konkrete Icons-02.png
Konkrete Icons-03.png

​86 Jasmynstraat, Flimieda, Klerksdorp,
Noord Wes, Suid Afrika

Sedert April 2020 het COVID-19 ons genoodsaak om lesse ook aanlyn beskikbaar te stel.

In persoon kontak klasse is by ons Sentrum in Flimieda beskikbaar.

Screen Shot 2023-02-05 at 2.04.42 PM.png

IS KONKRETE WISKUNDE VIR JOU?

Is akademiese vordering vir jou belangrik? Wil jy seker maak jou kind weet alles wat hul moet weet in Wiskunde? Is jy bang die skool behandel nie al die werk nie?

​

By Konkrete Wiskunde werk leerders meestal aan hersienings werkkaarte en kry geleentheid om onder toesig seker te maak of hulle die werk onder die knie het.

​

Dalk mag jou kind by Konkrete Wiskunde blootgestel word aan metodes of afdelings wat nie noodwendig by die skool behandel word nie. Dit is om u kind se algemene kennis van Wiskunde te verbreed sodat hy/sy gereed kan wees vir die volgende fase se werk wat voorlê.

​

By Konkrete Wiskunde word individuele klasse nie aanbeveel nie omdat leerders reeds in die skool onderrig word, dit self tuis moet inoefen deur huiswerk te doen en dan, na die afhandeling van ‘n tema, kom seker maak of hulle al die werk kan doen. Saam met die groepsklasse kan daar wel individuele klasse ook bespreek word, om spesiale probleme op te los.

​

Konkrete Wiskunde is ook nie remediërende onderrig nie. Leerders moet leer om self verantwoordelikheid vir hul akademiese prestasie te neem. Konkrete Wiskunde kan eerder gesien word as ‘n meer gevorderde Wiskunde omdat u kind meer wil doen as wat die skool verwag.

​

Ons gee leiding aan ons ouers van Gr R – 6 leerders hoe om hul kinders tuis met Wiskunde te help. In Gr 1-3 moet getalkombinasies vasgelê word om hoofrekene later te vergemaklik. In Gr 4-8 is hoofrekene vaslegging 'n hoë prioriteit en weekliks word toetsies geskryf. Verder word Gr 7 – 9 leerders gelei tot selfwerksaamheid, sodat hulle in Gr 10 – 12 self kan werk aan hulle eie goeie prestasie om te ontwikkel tot die mens wat God hul geskape het om te kan wees.

​

By Konkrete Wiskunde word die wil om te werk beloon en is geen addisionele olimpiades of assesserings nodig nie. Ons kinders word in vandag se tyd aan soveel kompetisie blootgestel – hier wil ons eerder kinders in ‘n gemaklike omgewing lief maak vir Wiskunde.

​

Werk hard en bly by, maar in ons gejaagde lewe het ons kinders nodig om te rus en ontspan ook. In vakansietye moet hulle totaal van die akademiese druk kan vergeet.

​

As jy deel wil word van ‘n span wat jou kind se Wiskunde loopbaan pad saam met hom/haar stap, klop gerus aan die Konkrete Wiskunde deur.

​

Hier is Wiskunde ons passie.

bottom of page