top of page

GRAAD 1

Geagte ouer/leerling

 

Met die skrywe wil ek u ‘n agtergrond gee vir die benadering tot ons ekstra klasse. Die klasse wat u kind kry is geen vervanging van enige klasse wat onderwysers by skole vir u kind gee nie. By Konkrete Wiskunde is ons missie om Wiskundige begrippe en konsepte op ‘n konkrete manier speel-speel vas te lê en so liefde en insig vir Wiskunde as vak te kweek. 

Met registrasie ontvang u kind ‘n handleiding, waarin eers van week 4 af formeel in geskryf word. Huiswerk oefening is reeds in die handleiding vervat en moet asb. tuis voltooi word.

Weeklikse groepsklasse word by ons Sentrum, in Jasmynst 86 Flimieda, aangebied. Die klas groottes is ‘n maksimum van 6 leerders, om individuele aandag te verseker. Deur die jaar word 35 beplande lesse, van 45 min elk, aangebied. Daar is vasgestelde les tye. Sou daar iets voorval en u kind nie die normale klastyd kan bywoon nie, kan die aanlyn les gekyk word om werk in te haal. Reël dus asseblief u kind se ander aktiwiteite daar rondom. 

Ons siening is dat u as ouer, baie betrokke by u kind se akademies vordering moet wees. Daarom is ‘n kortlikse verduidelik van wat in die klas gedoen word, en ons benadering tot die hantering van die werkinhoud, in die handleiding vervat. Bly betrokke by u kind se wiskunde vordering deur weekliks die handleiding onder oë te kry en die huiswerk te merk. 

Met registrasie dui u reeds aan of u EFT of kontant wil betaal. Betalings word in 10 paaiemente gedoen. Alle gelde moet teen einde Oktober reeds betaal wees vir u kind om erkenning te ontvang tydens ons jaarlikse prysuitdeling einde November. Twee sertifikate word per jaar aan u kind uitgeryk. Leerders wat vir die jaar 70% of meer klasbywoning gehad het, ontvang aan die einde van die jaar ‘n medalje. 

U kind is enige tyd welkom om ekstra individuele lesse te boek indien die groep dalk te vinnig gaan, of indien daar werk is waaroor u kind spesifieke heronderrig nodig het. Fooie verbonde aan so ‘n klas is R90 vir 30 min.

Ek hoop dat u kind ‘n oop verhouding met die onderwyser sal hê en die vrymoedigheid sal neem om sy/haar Wiskunde probleme te bespreek. Mag u kind se Wiskunde prestasie u goedkeuring aan die einde van die jaar wegdra.

Wiskunde groete

Bank besonderhede:

Konkrete Wiskunde

NEDBANK

Tjek rekening

Rek nr: 1151281778

Tak kode:  198765

 

Esmari Greyling (0844029683)

bottom of page