top of page
AEnB2UrisEnMS1pgsAUgX5s24pP5oLxhTIkrhhZX

GRAAD 10

Geagte ouer/leerling

Met die skrywe wil ek u ‘n agtergrond gee van ons benadering tot ekstra klasse. Die klasse wat u kind kry is geen vervanging van enige klasse wat onderwysers by skole vir u kind gee nie. Die groot doel is om u kind te help om in die klas by te bly. Hy/sy is welkom om enige vrae rakende die werk wat hulle in die klas doen te vra en dit sal weer verduidelik word.

Tyd word dan verder gegee om onder toesig aan soortgelyke probleme te werk. Geen huiswerk wat u kind by die skool kry mag in ekstra klastyd gedoen word nie. Soortgelyke werk kan wel verduidelik word, sodat die huiswerk makliker gedoen kan word. Die klas groottes is ‘n maksimum van 4 of 5 leerders (almal van dieselfde skool en graad), om individuele aandag te verseker.

Onthou: Daar is geen kort pad tot sukses nie, harde werk word vereis. Ekstra klasse is ‘n geleentheid om weer onderrig te word in dit wat te vinnig in die klas verduidelik is.  Daarom deurloop ons nie ‘n vooruitbeplande sillabus nie en baseer die klasse op vrae waarmee die leerders vashaak. Dus moet u kind reeds weet waarmee hy/sy sukkel voor die klas bygewoon word. Elke leerder moet sy/haar eie skrif saambring waarin ekstra klaswerk gedoen gaan word.  Werk asb altyd in dieselfde boek en plak getrou werkkaarte vas. Alle lesse is op ons webblad, aanlyn beskikbaar vir hersiening of om werk in te haal.

 

Leerders is welkom ‘n afskrif van enige assesserings wat by die skool gedoen word, vir onderwyser te gee. Fout analise kan so gedoen word. Ons sal ook graag ‘n pad stap met u kind se wiskunde onderwyser by die skool, sou u dit verkies. Saam maak ons ‘n span.

Met die inskrywing dui u aan of u 11 maandelikse paaiemente EFT of kontant, in ‘n koevertjie wat voorsien word, betaal gaan word. Gelde moet asseblief voor die 7de van elke maand betaal word. 4 Lesse word per maand vanaf Januarie tot November, tydens die akademiese jaar, aan gebied. Addisionele klasse (teen ekstra koste) kan op aanvraag gereël word. 

Gedurende eksamens (Junie en November) word les tye geskuif om aan te pas by die eksamen rooster. 

Ek hoop dat u kind ‘n oop verhouding met die onderwyser sal hê en die vrymoedigheid sal neem om sy/haar Wiskunde probleme te bespreek. Mag u kind se Wiskunde prestasie u goedkeuring aan die einde van die jaar wegdra.

Wiskunde groete

 

Bank besonderhede:

Konkrete Wiskunde

NEDBANK – Tjek rekening

Rek nr: 1151281778

Tak kode:  198765

Esmari Greyling (Sel nr. 0844029683)

bottom of page