top of page
Math exam_edited.jpg

GRAAD 4-5

Geagte ouer/leerling

 

Met die skrywe wil ek u ‘n agtergrond gee vir die benadering tot ons ekstra klasse. Die klasse wat u kind kry is geen vervanging van enige klasse wat onderwysers by skole vir u kind gee nie. Die groot doel is om u kind te help om in die klas by te bly. 

Met registrasie ontvang u kind ‘n Prac Maths Aanvullende handboek wat ons gebruik om hersiening, vaslegging en soms ook verryking, uit te doen. 

Weeklikse groepsklasse word by ons Sentrum, Jasmynst 86 Flimieda, aangebied. Moenie vooruit in die handboek werk nie asb. Agter in is Hersienings oefeninge, gemengde vrae en multikeuse, wat u self ekstra tuis kan deurwerk. Die klas groottes is ‘n maksimum van 6 leerders, om individuele aandag te verseker. Deur die jaar word 35 beplande lesse, van 45 min elk, aangebied. Daar is vasgestelde les tye. In uitsonderlike gevalle kan ons poog om ‘n les vir daardie week in ‘n ander tydgleuf in te haal. Reël dus asseblief u kind se ander aktiwiteite daar rondom. Alle lesse is op ons webblad, aanlyn beskikbaar vir hersiening of om werk in te haal.

Ons siening is dat u as ouer, nog baie betrokke by u kind se akademies vordering moet wees. Daarom gee ons weekliks briefies uit waarop daar kortliks verduidelik word wat in die klas gedoen is, ons benadering tot die hantering van die werkinhoud en huiswerk wat tuis ingeoefen kan word. Bly betrokke by u kind se wiskunde vordering deur weekliks die briefie onder oë te kry. 

In gr 4 – 6 is die vaslegging van basiese hoofrekene uiters belanrik. Daarom skryf hulle weekliks hoofrekene toetsies teen tyd. Sien toe dat u kind daarvoor voorberei. Indien u kind nie na verwagting in die toetsies vorder nie, sal ‘n addisionele hoofrekene kursus, van 30 min klassies, by die Sentrum, deurloop moet word. Addisionele fooie is daaraan verbonde.

Met registrasie dui u reeds aan of u EFT of kontant wil betaal. Betalings word in 10 paaiemente gedoen. Alle gelde moet teen einde Oktober reeds betaal wees vir u kind om erkenning te ontvang tydens ons jaarlikse prysuitdeling einde November. Twee sertifikate word per jaar aan u kind uitgeryk. Leerders wat vir die jaar 70% of meer klasbywoning gehad het, ontvang aan die einde van die jaar ‘n balkie wat op hul skoolbaadjies of skooldrag gedra mag word. 

U kind is enige tyd welkom om ekstra individuele klasse te boek indien die groep dalk te vinnig gaan, of indien daar werk is waaroor u kind spesifieke heronderrig nodig het. Fooie verbonde aan so ‘n klas is R90 vir 30 min. U kan ook reeds van die begin van die jaar af ‘n vaste individuele les boek saam met die groepsklas, sou u dit verkies.

Ek hoop dat u kind ‘n oop verhouding met die onderwyser sal hê en die vrymoedigheid sal neem om sy/haar Wiskunde probleme te bespreek. Mag u kind se Wiskunde prestasie u goedkeuring aan die einde van die jaar wegdra.

 

Wiskunde groete

 

Bank besonderhede:

Konkrete Wiskunde

NEDBANK

Tjekrekening

Rek nr: 1151281778

Tak kode:  198765

Esmari Greyling (Sel nr. 0844029683)

bottom of page