top of page
Image by Dan Cristian Pădureț

GRAAD 7-9

Geagte ouer/leerling

 

Met die skrywe wil ek u ‘n agtergrond gee vir die benadering tot ons ekstra klasse. Die klasse wat u kind kry is geen vervanging van enige klasse wat onderwysers by skole vir u kind gee nie. Die groot doel is om u kind te help om in die klas by te bly. Hy/sy is welkom om enige vrae rakende die werk wat hulle in die klas doen te vra en dit sal weer verduidelik word. Tyd word dan verder gegee om onder toesig aan soortgelyke probleme te werk. Geen huiswerk wat u kind by die skool kry mag in ekstra klastyd gedoen word nie. Soortgelyke werk kan wel verduidelik word, sodat die huiswerk makliker gedoen kan word. Die klas groottes is ‘n maksimum van 6 leerders (almal van dieselfde skool en graad), om individuele aandag te verseker. 

Onthou: Daar is geen kort pad tot sukses nie, harde werk word vereis. Ekstra klasse is ‘n geleentheid om weer onderrig te word in dit wat te vinnig in die klas verduidelik is. ‘n Vooruitbeplande sillabus word nie deurloop nie en die klasse word baseer op vrae waarmee die leerders vashaak. Dus moet u kind reeds weet waarmee hy/sy sukkel voor die klas bygewoon word. Elke leerder moet sy/haar eie skrif saambring waarin ekstra klaswerk gedoen gaan word. Sien asb toe dat daar voortdurend in dieselfde boek gewerk word. alle lesse is op ons webblad, aanlyn beskikbaar vir hersiening of om werk in tehaal.

Indien u kind sukkel om te bepaal waar sy/haar probleem lê, is hul welkom om assesserings van die skool af te bring, daaraan kan gewerk word in‘n addisionele klas. Ons stap ook graag ‘n pad met u kind se wiskunde onderwyser by die skool, sou u dit verkies. Saam maak ons ‘n span.

 

Met die inskrywing dui u aan of 11 maandelikse paaiemente EFT of kontant, in ‘n koevertjie wat voorsien word, betaal gaan word. Gelde moet asseblief, kontant met die eerste les of EFT voor die 7de van die maand betaal word. Maand fooie word betaal en nie les fooie nie. In uitsonderlike gevalle kan ons poog om ‘n les vir daardie week in ‘n ander tydgleuf in te haal. Reël dus asseblief u kind se ander aktiwiteite daar rondom. In eksamentye tref ons saam alternatiewe reëlings. 

 

4 Lesse word per maand vanaf Januarie tot November, tydens die akademiese jaar, aan gebied. U kind is enige tyd welkom om ekstra individuele lesse te boek. Addisionele fooie is daaraan verbonde. U kan ook reeds van die begin van die jaar af ‘n vaste individuele les boek saam met die groepsklas, sou u dit verkies.

Gedurende eksamens (Junie en November) kan les tye geskuif word om aan te pas by die eksamen rooster.

Ek hoop dat u kind ‘n oop verhouding met die onderwyser sal hê en die vrymoedigheid sal neem om sy/haar Wiskunde probleme te bespreek. Mag u kind se Wiskunde prestasie u goedkeuring aan die einde van die jaar wegdra.

Wiskunde groete

Bank besonderhede:

Konkrete Wiskunde

NEDBANK – Tjek rekening

Rek nr: 1151281778

Tak kode:  198765

Esmari Greyling (Sel nr. 0844029683)

bottom of page