top of page

ONS STORIE

Lees gerus hieronder hoe Konkrete Wiskunde gegroei het oor die jare. Lees die storie hieronder en leer meer van Konkrete Wiskunde se geskiedenis. 

Klik die knoppie hieronder om meer te lees oor die verskil wat Konkrete Wiskunde in ons leerders se skoolloopbane gemaak het. 

1 edited_edited_edited_edited_edited.jpg
1 edited_edited_edited_edited.jpg
1 edited_edited_edited_edited.jpg

2002 tot 2014
 

EKSTRA KLASSE SE GROEI TOT KONKRETE WISKUNDE:

Januarie 2002 begin Esmari du Preez as groentjie onderwyser by Hoërskool Wesvalia en onderig graad 9-12. Ontmoet Christo Greyling en is getroud in 2004. In 2007 word Henco gebore en dwing mamma om rustiger te raak en 'n mamma te wees. Ons Hemelse Vader teer my pad na Laerskool Saamtrek waar ek van 2008 tot 2013 verbonde was en graad 6 en 7 onderrig gegee het. In die tyd word Janrè ook gebore. Nog steeds bly wiskunde ekstra klasse gee - dis waar my liefde lê. In 2013 is my eerste graad 7's van die laerskool in matriek - groep na aan my hart en ek gee aan hulle elkeen 'n uiltjie as "sterkte vir die eksamen". Simbool van kennis. 
In 2014 is my oudste graad 1 en ek besef die behoefte tot wiskunde hulp reeds van kleins af. Mei maand 2014 bied ek en Marrelet ons eerste wiskunde park vir graad 1's aan by die kwekery langs Rose Mary's.

2015 tot 2016

2015 gaan ek voort met klasse vir graad 10-12 maar Nicky en Marrelet gee volstoom vir graad 1-3 klas by Saamtrek en Funtasia.
2016 Bied ons wiskunde speel dae vir graad 1-3 by Funtasia aan. Personeel brei uit en alle familie lede word nader getrek om te help.

Tree op by opedae en bemark by Goudkop se oggend mark.

November 2016 sluit vir laaste maal klasse af by Funtasia.

 2 edited_edited_edited.jpg
 2 edited_edited_edited_edited.jpg
3_edited_edited.jpg
WP_20170330_13_18_20_Pro.jpg
WP_20170405_17_59_34_Pro.jpg
IMG_2938.JPG

2017 tot 2018
 

JUNIE 2017 REGISTREER ONS AMPTELIK KONKRETE WISKUNDE AS 'N BESIGHEID

2017 'n jaar waar drome verwenslik word.
Terwyl ons die een klas oor gebruik en klasse onder die lapa aanbied ontwikkel ons nog klasse by Jasmyn 86.

24 November 2017 het ons die inhuldiging gevier.

Jessica Harmsen ontwerp ons eerste logo. 

2018 Het klasse volstoom voortgegaan.

2018 tot 2019

Aan die einde van 2019 is dit net met dankbaarheid dat ons kan terugkyk hoe God ons besigheidsgroei deur die jare gedra het.

U kind se veiligheid is vir ons belangrik. Veilige parkering is vir ons ouers beskikbaar, met die op- en aflaai van hul kinders.

Veilige toegangshek om ongewensde elemente uit te hou.

Huislike en ontspanne atmosfeer sodat u kind akademies kan vorder.

Klaskamers met lugversorging sodat elke groep privaat kan wees en akademiese kennis kan uitbrei.

IMG-2993.jpg
IMG_3007.jpg
IMG_3002.jpg
marrelet.jpg
47139216_2206171522726738_3374450259940868096_n.jpg

2019 & COVID19
 

COVID-19 het baie dinge by Konkrete Wiskunde verander. 

Met groot hartseer verlaat Marrelet Fourie ons span. Die kiem is die oorsaak dat
so rots van ‘n mens nie verder kans sien om kontaksessies aan te bied nie.
Vir 6 jaar het Marrelet met haar rustige, kalm geaartheid saam met my
die pad gestap om ons Wiskunde klasse te laat groei tot ‘n besigheid.
Saam planne gemaak, gaan bemark, families ingetrek en Wiskunde
speel-dae aangebied. Haar opleiding as spelterapeut was so groot hulp
in haar aanbieding van die Wiskunde klasse. So baie kinders is deur
haar bekwaamheid weer selfvertroue in Wiskunde gegee. Jaarliks het
ons beurte gemaak wie gr 8 en wie gr 10 kursusse aan die begin van die
jaar aanbied. Marrelet jou spore lê diep in Konkrete Wiskunde grond
geplant. Ons verloor voorwaar ‘n merkwaardige dame. 
Met hartseer sê ek TOTSIENS.

Tydens COVID-19: Jacques de Villiers sit 'n basiese webtuiste bymekaar vir aanlyn lesse

2020 & COVID19

Klasse het weer 6 Julie 2020 geopen. Alle veiligheidsmaatreëls is in plek
en word getrou uitgeoefen. Klein klassies en genoegsame sosiale
afstand asook die dra van maskers is tans ons werkswyse.

Anlyn lesse word uitgewerk, opgeneem en op die webtuiste gelaai. 

2.jpg
4_edited.jpg
1.jpg
6.jpg
WhatsApp Image 2023-01-27 at 09.32.11.jpeg

2021 tot 2022

Juffou Esle groet ook Konkrete Wiskunde maar ons weet sy gaan nog vir lank ‘n vriendin bly.

 

Met hartseer groet ons  Du Preez Crous, maar vol dankbaarheid dat hy vir 2 en 'n halwe jaar as Konkrete Wiskunde onderwyser opgetree het. Hy was 'n voorslag onderwyser. Baie sterkte  met die voltydse studies op Potch. Glo jy gaan eendag 'n uitstekende CA wees.

2023 

Aan die begin van 2023 is ons opgewonde vir die toekoms. Cerese Britz en Madri Marcus word by ons onderwys span bygevoeg. Jong bloed en nuwe energie word by Konkrete Wiskunde ingespuit. Alle onderwysers het Cas Olivier se Thingking Tool kursus deurloop en poog om Wiskunde konkreet en met begrip by ons kinders tuis te bring. 

WhatsApp Image 2023-01-27 at 09.46.43.jpeg
bottom of page