top of page

SUKSESVERHALE

Lees gerus hieronder hoe Konkrete Wiskunde 'n verskil gemaak het in ons leerders se lewens.

Wil jy meer weet oor ons?

Klik die knoppie onder om ons storie te lees en leer meer van Konkrete Wiskunde se geskiedenis, wie weet, miskien raak jy deel van dit?

Ninette Barnard

Konkrete Wiskunde het Ninette baie gehelp met voorbereiding van toetse en die vaslegging van konsepte en bewerkings. Dit is ‘n “moet hê” vir elke kind.

Baie dankie aan hierdie Wiskunde span.

Oktober 2019

Lize-Mari Bothma

Ek was nog ‘n klein dogtertjie, maar net in Gr.1, toe ek besluit het: “van wiskunde wil ek ‘n groot sukses maak.” Wiskunde is so ‘n belangrike vak wat in die toekoms gebruik kan word om vir my deure oopmaak vir verskeie studierigtings. So het Juf Esmari eendag Konkrete Wiskunde by die skool bekend kom stel en in kort ‘n oorsig gegee waaroor Konkrete Wiskunde gaan. Ek het vir mamma nog dieselfde dag gesê ek wil by Konkrete Wiskunde aansluit.

Wat ‘n wonderlike ervaring en beste besluit van my lewe !

​Konkrete Wiskunde werk baie nou saam met die kurrikulum. Werk wat by die skool behandel is, word herhaal en vas gelê. Daar word baie konkreet gewerk wat beteken dat ek nie net dit lees en doen nie, maar ek sien dit met konkrete apparate en dan maak alles sommer baie meer sin en verstaan ek dit baie beter. Vanaf Gr.1 tot en met Gr.6 tans (2022) het ek wiskunde nog net met lof geslaag. Dit is hierdie jaar my 6 de jaar by Konkrete Wiskunde en ek geniet nog elke klas.

​Kom en kyk en beleef wat ons by Konkrete Wiskunde doen. Jy sal dit verseker geniet !

Laerskool Saamtrek. Klerksdorp.

Luzé van Zyl

Wiskunde is soos boublokke….Konkrete Wiskunde het my boublokke stewig gemaak. Veral ook tydens Grendeltyd (ek was in gr 7) en die oorgang na Hoërskool Wiskunde.

Konkrete Wiskunde gee my die selfvertroue om nuwe inligting gemaklik by bestaande begrippe in te korporëer.

By Konkrete Wiskunde geniet ek Wiskunde!

Luzé van Zyl Gr. 9 (2022)

Encee du Plooy

My liefde vir Wiskunde het al vroeg in my lewe begin, alhoewel ek deur ‘n paar hindernisse moes gaan om weer dit terug te kry.

Goeie wiskunde punte het vir my, toe ek klein was, van selfsprekend gekom. Ek was nog altyd goed met syfers. Na ure se wiskunde programme (liewers nie name noem), waarin daar na vinnig werk en nie kwaliteit werk gekyk word, het my liefde daarvoor begin verlore gaan sal ek sê.

So het ek deur die laerskool grade beweeg, nie noodwendig lief daarvoor, maar presteer steeds goed. Alles het verander toe ek as 12 jarige seun in Graad 7 my nuwe Wiskunde onderwyseres ontmoet het, Esmari Greyling. Daar was vele bespiegelinge oor hierdie nuwe juffrou wat al vir matrieks skoolgegee het, ons het selfs gewonder of sy wiskunde ontwerp het! Wat ek nie geweet het is dat Konkrete Wiskunde alreeds daar gebore was. Daardie jaar was ‘n saadjie in my geplant wat begin groei het.

So het ek aanbeweeg hoërskool toe waar ek voortgegaan het met my liefde daarvoor. In graad 9 tot 10 het daar begin foutgaan met my Wiskunde. Ek het begin sukkel en die inhoud glad nie gesnap nie. So vind my Ma uit van goeie wiskunde ekstra klasse wat my hopelik kan help om deur hierdie hindernis te beweeg. So kom ek my eerste dag daar en wragties, daardie graad 7 juffrou wat my so lief gemaak het vir die vak ontvang my by die deur. Wat ek dadelik agter gekom het is dat dit nie ekstra klasse is wat my help met wat ek sukkel nie, maar eerder ‘n goed beplande Wiskunde program genaamd Konrete Wiskunde. Dit het alle aspekte van wiskunde verbeter en so gemaak dat die werk waarmee ek normaal sukkel ‘n ding van die verlede was. Ek is nie ‘n voorstaander van ekstra klas nie, maar ‘n groot een van Wiskunde programme wat gemik is op lang termyn oplossings eerder as vinnige resultate.

My punte was weer op koers en so skryf ek goeie punte uit in Graad 12.

Wat hierdie Konkrete Wiskunde my meer gehelp het is om uiteindelik my beroep ook te kies. Dit het my passievol gemaak oor die vak. So passievol dat ek as 18 jarige die besluit geneem het om ander ook so passievol te maak en te studeer om ‘n Wiskunde onderwyser te word.

Konkrete Wiskunde is die rede dat ek vandag kan skoolgee in Wiskunde, elke dag kan praat en leef in Wiskunde, as ek sien wat die program aan kinders in ons skool doen, sal ek dit verseker aanbeveel. Ek skuld Esmari Greyling, wat daardie tyd nog alleen die program hanteer het, iets wat geld nie kan koop.

Oktober 2019

Cobus Jacobs

My Naam is Cobus Jacobs, ek is tans ‘n 2de jaar student by Tukkies besig met my Aktuariële graad.

Wiskunde was nog altyd my passie! Gedurende jou Hoërskool loopbaan besef jy gou dat jy egter net daardie bietjie ekstra hulp nodig het, veral as dit kom by die Wiskundige vakke.

In my Graad 10 jaar was ek baie gelukkig en bevoorreg om by Tannie Esmari, Konkrete Wiskunde, te beland! Geen wiskunde onderwyser is swak of sleg nie, inteendeel het ek verseker in my Graad 11 en 12 jaar by Hoërskool Wesvalia net die beste Meneer gehad, maar partykeer het mens net daardie iemand nodig wat vir jou ander insig gee en uit ‘n ander hoek ook die somme benader as wat die skool dit doen, net om daardie diepte raak te sien aangaande wiskunde. Wiskunde kan nogal kompleks raak maar ook baie pret wees veral as jy besef jy het daardie ekstra hupstoot en hulp van ‘n kundige byderhand en dit was verseker Tannie Esmari! My algemene gemiddeld van Wiskunde het net verbeter vanaf die eerste kwartaal toe sy my onder haar vlerk geneem het.

Ons het gewerk, pret gehad en nogmaals gewerk, maar op die ou einde is daardie ou gesegdes so waar van, jy sal maai wat jy saai, harde werk word verseker beloon! In my Graad 11 en 12 jaar ontvang ek die prys vir die beste Wiskunde leerling by Hoërskool Wesvalia en dit het verseker vir my deure oopgemaak.

Vandag is ek trots om te kan sê ek is een van Tannie Esmari, Konkrete Wiskunde, se suksesverhale en het ek nog nie een oomblik teruggekyk nie, as dit nie vir haar was nie sou daar verseker nie vir my soveel voordele gewees het nie.

Weens my prestasie as Wiskunde Duxleerder in Matriek 2017 het dit tot my voordeel gestrek by die Universiteit, hulle sien sulke prestasies raak en word jy verseker vergoed vir al jou harde werk.

Oktober 2019

NUUSBLITS!
Cobus verwerf in 2022 sy Hons graad in Aktuariële Wetenskappe.
Konkrete Wiskunde is trots op hierdie oud student van ons.

Ruan Calitz

Konkrete Wiskunde het my gehelp om volhoubaar onderskeidings in al die fasette van wiskunde te behaal. Die leerplan word volledig hanteer en klem geplaas op die gedeeltes waarmee ons sukkel.

Klasse en aanbiedinge is professioneel en gestruktureerd en sal enige leerder daarby laat baatvind. Ek sal Konkrete Wiskunde aan enige leerder aanbeveel wat ernstig is oor wiskunde.

Okotber 2019

Mia du Preez

Mia du Preez is ‘n Graad 11 leerder by Hoërskool Wesvalia. Sy het in Graad 7 by Konkrete Wiskunde aangesluit. Eers om voor te berei vir die eindeksamen, waar sy 98% vir Wiskunde behaal het. Sy het ook in die Desember vakansie voor Graad 8 ‘n bitter waardevolle oorbruggings kursus hier voltooi. In Graad 8 en 9 behaal sy elke keer tussen 95% en 98% vir Wiskunde. Aan die begin van Graad 10 begin sy voltyds weeklikse klasse by Konkrete Wiskunde bywoon. Tot op hede behaal sy elke keer ‘n onderskeiding vir Wiskunde. Sy voel dat die waarde van hierdie klasse is dat ‘n mens dadelik die week se vashaak plekke oplos. Verder word mens volledig voorberei vir elke toetsreeks en eksamen. Konkrete Wiskunde het ongetwyfeld ‘n reuse rol gespeel in die feit dat Mia Wiskunde as haar gunsteling vak beskou.

Du Preez Crous

“Develop a passion for learning. If you do, you will never cease to grow.” – Anthony J.D’Angelo.

As ek Konkrete Wiskunde in een woord kan beskryf sal dit “passie” wees, passie vir opvoeding en passie vir Wiskunde as 'n vak.

Ek het al vroeg in my laerskool loopbaan agter gekom dat ek akademies aangele is.

Ek het vir die meeste van my laerskool loopbaan my laerskool vakke net as skoolwerk en niks meer gesien nie, maar deur harde werk het ek in al my vakke, Wiskunde ingesluit, presteer. Tot en met Graad 6 was Wiskunde vir my net nog 'n vak gewees waarin ek moes presteer om 'n goeie gemiddeld aan die einde van die jaar te verwerf. In Graad 6 het ons aangeskuif na 'n nuwe Wiskunde onderwyseress toe, juffrou Esmari Greyling, wat 'n passie vir Wiskunde in my wakker gemaak het.

Dis min in die lewe dat jy iemand ontmoet wat soveel passie vir iets het dat dit amper aansteeklik is, juffrou Esmari is een van die mense. My perspektief van alles het verander, ek het die belangrikheid van wiskunde in die allerdaagse lewe raak gesien en n passie vir die oplos van wiskundige probleme ontwikkel.

Ek het my hoerskool loopbaan begin met hierdie passoe vir Wiskunde, maar het dit stadig maar seker begin verloor end it het in my punte begin wys. In Graad 11 het ek besluit om die stap te neem en met ekstra klasse begin. Konkrete Wiskunde was die enigste opsie vir my aangesien dieselfde passievolle onderwyseres wat vir my in die laste twee jaar van my laerskool loopbaan Wiskunde aangeboed het die regte pad gekry en my punte het weer gestyg tot op dieselfde vlak waar dit voorheen was. Dit het my gehelp waar ek na matriek in my eerste jaar Wiskunde vir wetenskap student geneem het.

Ek stel Konkrete Wiskunde voor vir leerlinge van alle graad groepe as n Wiskunde program wat gemik is op lang termyn oplossings en sluit af met die volgende aanhaling: “People with great passion can make the impossible happen”

Deniëlynn von Wielligh

Konkrete Wiskunde het my geleer om buite die boks te dink en om op my voete te dink. Maar die belangrikste wat ek geleer het die afgelope vier jaar by Konkrete Wiskunde is dat 'n som meer as een manier het om te doen en dat dit belangrik is om al die maniere te ken. Konkrete Wiskunde het ook my selfvertroue in Wiskunde verbeter - ek glo nou dat ek Wiskunde kan doen.

Oktober 2019

Kamilla Booysen

My naam is Kamilla Booysen. Ek is ‘n 2de jaar student by die NWU Pukke waar ek BCom Geoktrooieerde Rekenmeesterskap studeer.

Ek het reeds vanaf my graad 8 jaar wiskunde klasse by juffrou Esmari bygewoon. Sy het ons mooi gehelp om dadelik die basiese beginsels van elke onderwerp vas te trap en het ons dan ook meer komplekse probleme laat oefen. Hierdie was een van die hulpbronne wat dit vir my moontlik gemaak het om ń onderskeiding reg deur my hoërskool loopbaan te handhaaf. Ek het matriek met ń 84% gemiddeld afgesluit. Juffrou Esmari het dikwels op naweke en selfs op vakansiedae klasse aangebied omdat sy geweet het die behoefte was en is so groot - groot opofferings vir haar studente.

In graad 9 het ek ‘n stasie beman by een van juffrou Esmari se Wiskunde-middae wat sy vir Laerskool kinders aangebied het om hulle blootstelling aan Wiskunde te gee deur middel van speletjies. Ons het gereeld lekker gelag in die klas, maar as ons gewerk het, het ons hard gewerk! Elke klas was van nut gewees. Ek is baie dankbaar vir die hulp wat die klasse my gebied het en ek weet die beginsels wat ek daar vas gelê het, is tot vandag toe nog deel van my studies.

Oktober 2019

NUUSBLITS!
Kamilla verwerf haar BCom CA Hons graad en is tans werksaam in Nelspruit om as 'n volwaardige CA gekwalifiseer te word.
Konkrete Wiskunde is trots op hierdie oud student van ons.

Eben Barnard

“Wiskunde is lekker”: sê Eben, hy kan nie wag om sy Konkrete Wiskunde huiswerk te doen nie.
Dit maak die ouer deel van die leerproses. Baie dankie vir ‘n puik studiehulp.

Oktober 2019

bottom of page