top of page

VERSKILLENDE
FASES

 

Konkrete Wiskunde bied klasse aan vir verskeie fases, van Graad R tot Graad 12.

Kliek hier onder om ons tariewe te sien.

GRAAD R - 3

Konkrete Wiskunde se missie is om Wiskundige begrippe en konsepte op ‘n konkrete manier speel-speel vas te lê en so liefde en insig vir Wiskunde as vak te kweek.
Kom beleef hoe Wiskunde kan lewe

Kliek hier vir Graad 2 & 3 werkswyse beleid

Math exam_edited.jpg

GRAAD 4-6

Sukses in Wiskunde kan behaal word deur elke dag by te bly. By Konkrete Wiskunde poog ons om die beginsel reeds op ‘n jong ouderdom by ons leerders tuis te bring. Hoofrekene vaslegging en verskillende maniere om bewerkings te doen, is waarop ons in die fase fokus.

Kliek hier vir Graad 6 werkswyse beleid

Image by Dan Cristian Pădureț

GRAAD 7-9

Konkrete Wiskunde help om die oorskakeling van laer- na hoërskool te vergemaklik, met die wete dat jou Wiskunde fondasie stewig vasgelê is. Hoofrekene vaslegging word voortgesit, aangesien die gebruik van ‘n sakrekenaar eers in Gr 9 toegelaat word. Hier begelei en ondersteun ons jong mense tot die leer van Wiskunde.

AEnB2UrisEnMS1pgsAUgX5s24pP5oLxhTIkrhhZX

GRAAD 10-12

In die fase het jy Wiskunde as vak gekies en besef daarom die belangrikheid van Wiskunde vir verdere studies. Van Gr 10 af leer jy al beginsels vaslê met Gr 12 eindeksamen in gedagte. By Konkrete Wiskunde wil ons jou ondersteun om die punte te behaal wat jy nodig het vir toelating tot verdere studies. Jou beste is vir ons genoeg.

bottom of page